Meer Oor HantamNet
Home Page POPs Webmail Banking
 

English Version

CompuLab

ADSL Gebruik

Wireless Gebruik

Join HantamNet

Wireless Access Providersí Association of South Africa

Meer Oor HantamNet

HantamNet is vinnig groeiende maatskappy in privaat besit. Die internet gedeelte van die maatskappy is gestig in 1999, en ons verskaf diens aan kliënte wêreldwyd.

Ons Kantore

HantamNet se hoofkantoor is gesetel in die prentjie-mooi Calvinia in die Noord Kaap Provinsie van Suid Afrika (ons posadres is hier onder). Meeste van ons bedieners is geleë in ons data sentrum by ons hoofkantoor. Suid Afrika, en veral die westelike deel daarvan is vinnig besig om 'n gunsteling plek te word om IT besighede van oral oor die wêreld te huisves. Die redelike stabiele weersomstandighede is hiervoor te dank.

Ons data sentrum het veelvuldige konneksies na al die grootste diensverskaffers en ons sentrum bly aan lyn danksy top kwaliteit toerusting en 24 uur terugvalkrag. Bediener vanlyn is nie een van HantamNet se probleme nie.

Ons pos adres is:

HantamNet
Posbus 430
Calvinia
8190
Suid Afrika

Ons Personeel

Ons personeel bestaan uit 'n span deskundige hulplyn operateurs, web ontwikkelaars en netwerk administrateurs. HantamNet is begin met een doel voor oë, om diens te verskaf - 'n baie skaars kommoditeit oral - sodat ons 'n internet diensverskaffer kan wees met uitstekende diens en billike pryse. Vergelyk ons asseblief met ander. Ons word dikwels gevra of ons pryse "reg" is en of daar enige vangplek is. Die antwoord is: NEE! Daar geen vangplek nie. Ons het net 'n regverdige prys geplaas op uitstekende diens.

Voor HantamNet se stigting het 'n groot gedeelte van ons personeel Internet Tuisblaaie ontwerp, en ons het so bewus geword dat baie van die "ekstra" voordele wat opgedis word deur meeste internet diens verskaffers waarvoor hulle 'n fooi vra, in werklikheid niks vir die maatskappy kos om aan te bied nie. Ons grootste begeerte was om kliënte te hê. 'n Maatskappy wat nie vir onnodige dinge betaling verwag vir voordele wat deur meeste mense verwag word (php, databasisse, ens.). Vergelyk asseblief ons pryse en voordele met ander.

Sou u nog tyd nodig hê om rond te kyk en vergelyk, voel asseblief vry om ons te kontak met enige vrae of spesiale voordele wat u mag benodig.

Moenie vergeet om ons webblad te boekmerk nie. Druk control-d om dit doen.


[ HOME | ABOUT US | POPS | NEWS | WEBMAIL | CONTACT INFO | JOIN ]

Copyright © HantamNet 2004

Designed & Maintained by WMS